img_00073_

Afrikaanse Ki Klank- en visuele produsent.

Vetkryt Winkel
Donasies
Het jy hulp nodig?

Let wel Dr Alberts en sy span kan jou nie
finansieel help nie, hulle is daar vir geestelike 

en emosionele bystand.

Belangrik: Janneman doen nie lewendigge opredes nie! As jy meer wil weet luister die Waterberg stereo gesprek hier onder.


Vetkryt Musiek is gebore uit ons Kinder-Kanaal ‘Die Vetkryt’ op Youtube. Die somtotaal van Vetkryt se inhoud is oorspronklik. Die Liedjies en ‘Die Vetkryt’ episodes word deur Awie Greyling geskryf, (nie ‘KI’ nie). Alhoewel daar van KI (Kunsmatige Intelligensie) gebruik gemaak word tydens die vervaardiging van die musiek en die episodes en al ‘Vetkryt’ se karakters met KI vervaardig is, is dít wat uit hul monde kom 100% deur ‘n mens geskryf.


Ons doen wat ons doen om GOD se Naam te verheerlik. Dink buite die boks. GOD IS BAIE GROTER AS KI! Indien jy verby die KI vervaardiging kan kyk en die boodskap daaragter duidelik kan hoor is jy op die regte spoor. Indien die inhoud jou nie pas nie en jy nie nog nie kan glo nie, het jy die volste reg om verby te ‘scroll’. Niks of niemand sal jou dwing om te kyk of te luister nie, nogtans seën ek jou met ‘n vol en ryk lewe. Mag Sy liefde jou nader trek.

My doel is nie om jou te oortuig om in GOD te glo nie, dit is HEILIGE GEES se inset en die Bybel verwag dit ook nie van my nie. Die doel van my ‘content’ is om GOD se Naam te verheerlik. Ek hoop dat jy Hom reeds ken en indien nie, hoop ek dat jy Hom graag sal wil leer ken. Ek nooi jou om Hom saam met my te loof en te prys. Alles wat ek is en alles wat ek het, is te danke aan Hom. Ek verdien geen lof nie, alles behoort aan GOD!

ALLE EER BEHOORT AAN GOD

Waar het Vetkryt Musiek en Die Vetkryt ontstaan? Awie vertel julle alles 

PERSOONLIKE BOODSKAPPE

Betalings kan gemaak word aan:

AC Greyling: FNB: Current Account : FNB: 62857238557


Wil jy graag vir iemand n spesiale boodskap laat maak, of dit nou die tiertjie is of een van Die Vetkryt karakters. Al wat jy moet doen is kontak my op WhatsApp die skakel is hier onder aan die bladsy.

Ek kan dit doen met die karakter se stem of jou stem as dit iets meer persoonlik is, hierdie is vir alle ouder domme. Ek kan n karakter skep of jy stuur vir my n foto van jouself en sê vir my wat jy will aantrek in die foto om by jou stem nota te pas.

Videos word nie deur my gedeel nie en bly jou persoonlikke eiendom. Al wat ek vra is n donasie jy kan besluit hoeveel jy wil betaal vir jou boodskap so bly dit vir almal bekostigbaar. Maar gesels eers met my dan kan jy die donasie maak die donasie.

Tans word Die Vetkryt en Vetkryt Musiek 100% uit my sak uit betaal (Awie Greyling  / 5Past2 Media (PTY)LTD) as jy nie n video wil he nie maar jy hou van die content en voel die Heilige Gees lei jou om n bydra te maak is jy meer as welkom en sal dit met liefde ontvang word en baie waardeer word. Maar asseblief jy is onder geen verpligtig om te gee nie behalwe vir die boodskap video. Daar is kostes verbonde aan die vevaardiging en ek dink nie dit sal regverdig wees as ek ook al daai kostes moet dra nie. 

Gee ons asb 48 uur om jou video te maak, dit gaan moonlik baie vinniger wees maar mens weet nooit. Die ou lewe maak snaakse draaie. Jy maak eers die donasie as jy jou video gekry het, as jy nie die donasie maak dan nie is dit tussen jou en God jy sal maar moet verduidelik hoekom jy loop en steel

Kies een van die karakters hier langsaan of laat ons vir jou een maak om by jou boodskap te pas. Al wat ons nodig het is een foto van jou dan trek ons vir jou aan nes jy wil aangetrek wees. Nou is jou kans om Spideman of Barby te wees.

Hierdie aanbod is net vir persoonlikke gebruik, as jy n besigheid boodskap nodig het gaan gerus na www.5past2.co.za of kontak Awie vir die Commercial Prys Lys

Hierdie aanbod is vir enige persoonlikke geleentheid

Video Uitnodigings vir enige geleentheid
Geluk Wense
Word Gou Beter
Kort gebede
Enige persoonlikke boodskap waaraan jy kan dink

Standaard koste van R400 vooraf betaal baar. Kort liedjies saam die boodskap kos extra



Official account vir Vetkryt Musiek - Ki word gebruik tydens die vervaardiging van hierdie inhoud (Probleem? Scroll) bestuur/ besit deur 5Past2 Media PTY(LTD)

BORG N VIDEO

Jy kan nou ook een van Janneman se video’s borg, Vetkryt Musiek Videos word op Facebook en TikTok gedeel. Janneman se video’s kry tussen 10 000 en  250 000 views per video. Mense het begin vra of hulle die videos kan borg en ons het nou uiteindelik ingegee.

Vir slegs R2500 eenmalig kan jy jou besigheid een van sy videos laat borg. Vir die wat dit nie ken nie, onder watter klip bly jy? Ek grap net click op die linktr.ee link al die platforms waar Vetkryt Musiek is is daar.

DONASIES

As jy in jou hart voel jy wil graag Die Vetkryt en Vetkryt se miesie finasieel wil ondersteun is jy meer as welkom om dit te doen. 

Hier is n donasie knoppie hieronder en Oom Awie se persoonlikke bank besonderhede is onder aan die blad, maar asb moet nooit verplig voel om te gee nie. Die bybel se dat God loves a cheerfull giver moet nooit met n swaar hart gee nie. God is my vorrsienner en Hy sal voorsien as dit nie deur jou is nie deur maniere wat net aan Hom bekend is. Jesus het jou baie 

Een Malige Donasie met PayFast, jy kies die bedrag

Maandelikse bydraes:

As jy voel jy wil n maandelikse bydrae maak van R50 in plaas van om meer as die helfte van die geld vir Facebook of TikTok te gee kan jy dit hier doen. Jy kan die eerste bedrag kies dit kan wees net wat jy wil. Daar na sal daar elke maand net R50 van jou kaart verhaal word. Sou jy meer as R50 n maand wou gee stuur vir my n WhatsApp mat jou Naam Van en e-pos addres asook die maandelikse bedrag wat jy wil betaal, dan stuur ek vir jou n custom link met die bedrag van jou keuse. Jy kan ten enige tyd kanseleer. Die transaksies word behartig deur PayFast, ek kry geen van jou bank inligting nie.

Die eerste maand se bedrag kan jy besluit maak dit minder of meer as R50 as jy dalk net eers wil toets om te kyk of hy werk. Daar na sal daar elke maand R50 op die selfde datum / dag wat die eerste donasie gemaak het R50 van daai rekening verhaal word. Jy kan ten enige tyd kaneleer.

donation-7850_512